Simmentaler Telersdag (Lichtenstein - 01 April 2023)
Simmentaler telers het die naweek van 1 April op Lichtenstein West gaan kuier. Simmentalers word al 130 jaar op Lichtenstein geteel nadat familie Rusch Simmentalers die land ingebring in 1893. Tydens die dag het Bianca Lueesse, mede-eienaar van die kudde n terugblik gegee oor die ontstaan en ontwikkeling van Simmentaler in Namibië aanhand van die Lichtenstein Simmentaler kudde. Die kudde word as geheel deur haar verder ontwikkel vanaf haar ouers Reini en Marlies Rusch. Sy fokus om 'n 5 ster gradering te behou en om alle eienskappe bo rasgemiddeld te hou. Sy onderhou koppelings met ander Simmentaler kuddes deur semen en bulle uit te ruil. Vir die laaste 3 jaar word bulle se netto voer inname ook getoets wat sy tans as belangrikste vordering in teling en vir boerdery as geheel beskou. Chrislemien Groenewaldt van AGRA het 'n lesing gelewer oor die bemarking en promosie wat telers kan doen vir hul stoeterye en hoe telers hulle diere kan bemark vir veilings. Sy verwys na die emosionele konneksie tussen jou, die verkoper en die koper. 'n Lesing oor reproduksie tegnologie word deur Dr. Julie Heusquin aangebied, met verwysing na die faktore en vereistes om n suksesvolle KI program te implementeer. Die sinchronisering van koeie en verse en hoe om maksimum sukses te behaal met KI. Mnr Paul Klein van AGRA gee terugvoering oor die Simmentaler verkope vir 2022. Hy verwys na die groot onsekerheid waar ons nou staan waar vleispryse sak en die speenkalf mark fluktueer. Hy bedank telers vir die goed voorbereide bulle op die 2022 veilings.  Die naweek word afgesluit met n besigtiging van die stoetkudde, die asemberowende Lichtenstein panorama en ‘n heerlike steakbraai met saamkuier en gesels.

     
     
     
     
     
     
     
Egbert Hoff Simmentalers Gernot Eggert Simmentalers Gernot Eggert Simmentalers
     
Kapar Gunzel Simmentalers Kapar Gunzel Simmentalers Kapar Gunzel Simmentalers
     
Kapar Gunzel Simmentalers Kapar Gunzel Simmentalers Sidney Martin Simmentalers
     
Sidney Martin Simmentalers Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers
     
Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers
     
Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers
     
Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers Walsim Simmentalers
     
 

© 2014 - 2023 Simmentaler Namibia   •   Website Terms & Conditions